Terreur en Bevryding

Terreur en Bevryding

by Leopold Scholtz

2022336 pagesGerman

Ratist Community Rating

—/ 10

No reviews yet

Your Score Estimate

~?/ 10

Rate a few books to unlock your estimate

Rate

Community breakdown

Story
—
Writing & Style
—
Emotive Effect
—
Characters & Voice
—
Pure Entertainment
—

Bars show the community-aggregated score per category. Rate this book to contribute.

Wie vandag se ANC, sy beleid en regeerstyl wil verstaan, moet feitlik 'n eeu terug begin delf. 'n Deel van die antwoord lê in sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die invloed van die kommunisme, asook die ANC/SAKP se optrede in ballingskap, skryf die politieke kommentator en historikus Leopold Scholtz. In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer. Die doel was om mettertyd die partyleiding oor te neem as deel van 'n beoogde revolusie in twee fases: 'n nasionaal demokratiese revolusie – 'n konsep wat steeds deel is van ANC-beleid – gevolg deur 'n Marxisties-Leninistiese "diktatuur van die proletariaat". Volgens Scholtz sou dit 'n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring. Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was. Scholtz plaas die kollig op die dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid binne die ANC/SAKP in ballingskap, die korrupsie deur 'n deel van die leierskorps en die ernstige menseregtevergrype in die ANC se buitelandse kampe. Hy voer aan dat dit wat tans in Suid-Afrika op al drie regeringsvlakke gebeur 'n voortsetting is van 'n kultuur wat al tydens die alliansie se jare in ballingskap gevestig is.